Malema op kommissie wat regters aanstel

Deel op

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema, is verkies tot die Geregtelike Dienskommissie in die parlement.

Hy sal op dié kommissie dien wat regters aanstel, saam met die ANC se voormalige sweep Mathole Motshekga en die voormalige kabinetsminister Thoko Didiza.

Die ander drie lede wat tot die kommissie verkies is, is die DA se Hendrik Schmidt, Narend Singh van die Inkatha Vryheidsparty en die ANC se Dikeledi Magadzi.

Die lede van die Nasionale Raad van Provinsies wat ook op dié liggaam sal dien, is die ANC se Thandi Modise, Tsapane Mampuru, Dikgang Stock en Dumisane Ximbi.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.