Deur Manfred Delport.
Met die oog op Sadou se veldtog om geskiedenis ‘n verpligte skoolvak te maak, het ek gewonder wat sou die leerplan vir die Suider-Afrikaanse geskiedenis vóór 1652 wees. Goed, daar is geskrewe rekords van Vasco da Gama en Bartolomias Dias wat in die 15de eeu om die Kaap geseil het, maar sover dit die res van die geskiedenis voor 1652 aanbetref, is daar bykans niks opgeteken nie, soos mens sou kon verwag van ‘n steentydperkbevolking wat nie die geskrewe woord of die wiel kon bedink nie.
Die leerplan van die prekoloniale geskiedenis van Suid-Afrika gaan dus besonder dun wees, as dit op feite gebaseer sou wees. Die feite het egter nog nooit in die ANC se pad gestaan waar dit by sy denkbeeldige geskiedenis kom nie. Die ANC-stadsraad van Pretoria het byvoorbeeld niks daarvan gedink om met ‘n totaal-denkbeeldige sogenaamde stamhoof, Tshwane, op te kom, en selfs ‘n standbeeld ter ere van hierdie denkbeeldige figuur op te rig nie. Ek kan my dus net indink hoe vol sprokies enige nuwe geskiedenishandboek of leerplan sou wees wat handel oor die pre-1652 geskiedenis.
Ek kan eweneens aan nog ‘n hele aantal boeke dink wat besonder dun sou wees:
1. Suksesvolle sameswering en sabotasie – Nelson Mandela.
2. Die kuns van oorlog teen militêre teikens – Robert McBride
3. Dinge wat ek van my skooldae onthou – Jacob Zuma.
4. Gevorderde houtwerktegnieke – Julius Malema
5. My skoonheidsgeheime – Gill Marcus
6. Effektiewe selfverdediging – Anton van Niekerk
7. Konsekwentheid in joernalistiek – Mad Max du Preez
8. Afrikaners wat ek bewonder – Athol Trollip
9. Akademiese vryheid van spraak – Pirate Piet Broucamp
10. Korrupsievrye, doeltreffende regering – die ANC.