Die groot verloorders in Irak: Britte, Turke, Chinese

Deel op

Die moontlike verdeling van Irak in drie dele sal oliekaarte herskommel.

Met die deurbraak van ISIS, het al die oliemaatskappye hul personeel verminder.

Sommige meer as ander: Die verloorders is BP, Shell, Türkiye Petrolleri Anonim Ortaklığı (TPAO) en Chinese maatskappye (Petro, Sinopec en CNOOC).

Die verloorders is die Britte, die Turke, en veral die Chinese, wat by verre Irak se grootste kliënt was. Die wenners is die VSA, Israel en Saoedi-Arabië.

Die spel is dus nie ‘n stryd om die “ware Islam” nie, maar ‘n volskaalse olie-oorlog in Irak.

Met die hulp van Israel, is Sirië se olietoevoer afgesny en die pomp van olie uit Kirkuk deur die plaaslike regering van Koerdistan in volle swang.

Die verkope word deur Aramco verseker wat uitvoere as verhoogde “Saoedi-produksie” sal verbloem.

Binne dae het olie gestyg tot $115, dit wil sê die vlak van September 2013.

Die markte was glo “bekommerd” oor die stryd vir die Baiji-raffinadery naby Tikrit. In werklikheid, produseer hierdie raffinadery net vir plaaslike verbruik.

Stygende oliepryse is dus nie as gevolg van moontlike onderbrekings van die Irakse produksie nie, maar die ontwrigting van aflewerings.

Saudi Arabië het aangekondig dat hulle aansienlik produksie sal verhoog om te vergoed vir die verminderde toevoer.

Maar kenners is skepties en wys daarop dat die koninkryk nog nooit meer as 10 miljoen vate per dag geproduseer het nie.

Hulle probeer agteraf eintlik om olieputte in Irak te monopoliseer.

Die vraag wat eintlik gevra moet word: Hoe is dit moontlik dat ISIS-terroriste olie op die internasionale markte verkoop wat gemonitor word deur Washington?

In Maart, het die Libiese Benghazi-groep olie wat hulle gesteel het probeer verkoop. Die Amerikaanse vloot se Morning Glory het dadelik die tenker onderskep.

Exxon Mobil, die Rockefeller-maatskappy in Katar, verkoop olie van Sirië, terwyl Aramco (VSA / Saoedi-Arabië) ISIS se olie verkoop.

Tydens die Libiese konflik, het NAVO Katar gemagtig om Exxon Mobil-olie te verkoop van die “gebiede bevry deur al-Qaeda”.

Die feit dat die ISIS gefinansier word deur Aramco is genoeg om te verduidelik waarom Saoedi-Arabië skielik in staat is om te vergoed vir die afname in Irak se produksie: Die koninkryk sit sy stempel op die vate afkomstig van gebiede onder ISIS-beheer.

Die deurbraak van ISIS beteken dat die twee hoofpypleidings na Sirië en die Turkse hawe van Ceyhan onder Amerikaanse beheer is.

Die Al-Maliki-regering, wat nog nie deur Washington omvergewerp is nie, het hierdie toedrag van sake ontbloot.

Die 300 Amerikaanse militêre raadgewers is dus waarskynlik gestuur om al-Maliki tot ander insigte te bring.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.