Clem Sunter, ‘n toekomsontleder, het glo twee belangstellings wat hom na aan sy hart lê.
Hy het by die Albertonse Damesklub as gas opgetree.
Sunter sê hy wil ‘n nuwe generasie van entrepreneurs in Suid Afrika sien floreer, asook sien hoe die private mediese sektor ‘n positiewe deelname maak in die stryd teen MIV/Vigs.
Dit is nie duidelik hoe hierdie twee kwessies met die onverkwiklike ontvouende politieke toneel gaan moontlik wees nie.
In 2009 het hy die land as ‘n “goeie plek” beskryf, sonder om die strukturele probleme wat sy liberale rasblindheid veroorsaak in ag te neem, probleme wat vandag werklikhede geword het.
Sunter het die dames kom toespreek oor sy werk in senario-beplanning.
Hy het senario-beplanning verduidelik as stories wat geskryf word om moontlike werklikhede voor te stel.
Sunter is ook die verkoopsman vir Suid-Afrika as ‘n falende staat wat groot byval vind by neo-konserwatiewe Amerikaners.
Hy vergelyk ons land met Somalië, Sirië en Afghanistan. Hy sê daar is ‘n 25 persent kans dat Suid-Afrika ‘n mislukte staat word.
Hy het by die geleentheid oor Suid Afrika se toekoms gepraat en die moontlike werklikhede wat vir ons kan voorlê.
Hy het verduidelik dat die rede hoekom senario beplanning belangrik is, is omdat dit ons kan wys maak oor watter stappe om te neem om die negatiewe werklikhede te voorkom.
Hy het ook verduidelik dat Suid Afrika entrepreneurs moet aanmoedig, want hulle kan ‘n groot positiewe impak op ons land hê.
Sunter het vermaak en stimulasie verskaf, nie net vir die dames van die klub nie maar ook vir die eggenote wat saamgenooi was vir die oggend.