Die Muishond gaan oproerige skares met pepersproei takel

Deel op

‘n Suid-Afrikaanse maatskappy het ‘n onbemande tuig ontwerp om pepersproei op oproerige skares te spuit.

‘n Internasionale mynmaatskappy het reeds bestellings geplaas vir die tuig.

Desert Wolf sê hulle wil graag help in “die voorkoming van nog ‘n Marikana”.

Die “Muishondskarebeheerkopter”  [Skunk Riot Control Copter] word deur arbeidsaktiviste veroordeel as “absoluut verregaande”.

Dié tuig word vergelyk met die dodelike Amerikaanse militêre tuie in Pakistan wat burgerlikes bombardeer en honderde onskuldige mense se dood reeds veroorsaak het.

Desert Wolf se Muishond kos R500 000,  en is egter “ontwerp om oproerige skares te beheer sonder die gevaar van lewensverlies vir betogers of die veiligheidspersoneel”.

Die kontrêpsie weeg 45kg, en dra 4 000 peperspuitverfballetjies, plastiekballe of ander nie-dodelike ammunisie.

Die toestel is toegerus met vier houers wat tot 20 balle per sekonde elk kan afvuur, wat gelyk is aan 80 peperballe per sekonde .

Kennelik hou die buitelandse sowel as binnelandse aanstigters van geweld in die mynsektor en elders nie veel van die Muishond nie wat “enige skare in sy spore sal stuit”.

Hulle het waarskynlik reeds hul politieke kapitaal sien verdamp as hulle nie oproerige skares tot geweld kan oorhaal soos by Marikana nie.

Hennie Kieser, besturende direkteur van Desert Wolf, sê hy was by Marikana-slagting bedrywig met ‘n toesigoperasie deur ‘n onbemande tuig.

“Enigiemand wat by Marikana was sal eerder hierdie tegnologie gebruik as lewendige ammunisie,” sê hy.

“Mense wat sê dit is onmenslik teenoor 9mm koeëls is idioties.”

Huidige lugvaartreëls in Suid-Afrika verhoed dat die tuie ontplooi word, maar hy hoop die wetgewing sal verander.

James Nichol, ‘n Britse prokureur wat die families van die Amcu-stakers by Marikanaverteenwoordig, het gesê: “Dit is absoluut verregaande. Die gebruik van pepersproei-agtige ammunisie om die skare te bespuit. Mense is geregtig op ‘n staking.”

Dit is nie duidelik of Nichol ook die kannibalisme, moorde, moordbeplanning en moetierituele insluit by stakers se “regte” nie.

Volgens die jongste getuienis voor die Farlam-kommissie was dit deel van die stakingsgeweld teen die NUM-lede.

Nichol het ewe dramaties na Amerikaanse aanvalle deur onbemande tuie in Pakistan verwys, asof massamoord en skarebeheer deur pepersproei dieselfde kwessie is.

“Een van die lesse van Marikana is dat die staat moet uitbly uit industriële geskille.” Hy het nie kommentaar gelewer op Liv Shange, Julius Malema en die EFF se aandeel in die aanhitsing tot geweld of die mensvleisrituele by Marikana nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.