EFF sit glo agter geweld teen Somaliërs in Mamelodi

Deel op

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sit glo agter die aanvalle op Somaliërs en hul winkels in Mamelodi-Oos, Pretoria.

Lede van ‘n groep wat onder die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) val, is gestuur na die gemeenskap toe die onluste het drie weke gelede uitgebreek het.

Hulle is ontplooi om die oorsprong van die probleem te soek en oplossings te vind.

Swart jeugdiges wat nyaope rook word daarvan beskuldig dat hulle deur die EFF gebruik word om die gemeenskap te destabiliseer en buitelanders weg te jaag.

“Hulle het die jeugdiges op ‘n vlaag van verwoesting gestuur om buitelanders aan te val sodat die ekonomiese krag kan terugkeer na die plaaslike bevolking,” sê Walter da Costa, koördineerder van die VN-program.

“Ons het diep in die gemeenskap ingedring en het met swart jeugdiges gepraat, sommige van hulle leiers van die aksie. Hulle het gepraat oor hul mandaat om chaos te veroorsaak,” het die program-koördineerder gesê.

Die gebruik van nyaope-verslaafdes was strategies omdat hulle enigiets sal doen om die dwelm te bekom.

Hulle gewelddadige aard maak dit moeilik om hulle te stop, het hy gesê.

Nyaope is ‘n verslawende konkoksie van ondermeer heroïen en anti-retrovirale VIGS-medisyne.

Die geweld het begin in die Phomolong-lokasie drie weke gelede en versprei met groepe van gewapende jeugdiges wat ná donker aanval en winkels plunder en kaalstroop.

Drie Somaliese winkeleienaars is dood en baie ernstig beseer. Meer as 300 het reeds gevlug.

Die polisie sê kriminele elemente speel ‘n rol en dit is nie xenofobiese aanvalle nie, alhoewel net buitelanders geteiken word.

Die EFF wou nie reageer op berigte van hul betrokkenheid nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.