Skikking in platinumbedryf bereik

Deel op

Die platinumprodusent, Lonmin, sê hy sal sy werkers finansieel bystaan noudat die vyfmaandelange staking verby is, het RSG berig.

Geen besonderhede is egter bekendgemaak nie. Dit volg na die aankondiging van ‘n skikking tussen die vakbond AMCU en die drie groot platinumprodusente, met die insluiting van Amplats en Implats.

‘n Woordvoerder van Lonmin, Lerato Molebatsi, sê wanneer die mynwerkers terugkeer werk toe, sal hulle seker maak dat almal weet waarheen om te gaan.

Die werkers moet vir hulle mediese ondersoeke gaan. Sy sê die werkers het die afgelope tyd geen inkomste gehad het nie en kry finansieel swaar, daarom sal die maatskappy hulle bystaan.

AMCU, Amplats, Implats en Lonmin sal na verwagting vandag die ooreenkoms bekragtig.

Dit was die langste staking in die land se geskiedenis.

Ingevolge die skikking sal die laags besoldigde werkers vir twee jaar lank ‘n verhoging van duisend rand per maand kry en 950 rand vir die derde jaar.

Van die terugbetalings sal ook uitbetaal word. Werkers sal na verwagting more terugkeer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.