Eens florerende landboubedryf binnekort geknak

Deel op

Dit lyk asof die ANC met die hulp van die EFF die eens florerende landbousektor binnekort op sy knieë sal hê.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters sê die voorstel dat wit boere 50 persent van hulle grond aan hulle werkers moet gee, sal ‘n massa-uitsetting van plaaswerkers tot gevolg hê.

‘n Woordvoerder van die EFF oor grondsake, Andile Mngxitama, sê die regering kan die eiendomsklousule in die Grondwet verander met die hulp van die EFF om ‘n tweederde meederheid te monster.

Op die manier sal grond sonder vergoeding onteien kan word.

‘n Tweederde meerderheid is nodig om artikel 25 in die Grondwet te wysig om ‘n einde aan die beleid van gewillige koper-gewillige verkoper te maak.

Boere het tot April volgende jaar tyd om op die voorstel van die ANC te reageer.

Deur die skep van verdere onsekerheid in die landbou – vir werkers ook – sal die minister verseker dat boere groener weivelde opsoek. Die EFF gee verdere aansporing daartoe.

Boerdery vereis belegging, maar ook krediet. Volgens Agri SA is landbougrond in Suid-Afrika R155 miljard werd, maar dra ‘n skuldlas van R89 miljard.

As die regering die helfte van die grond wat boere kommersieel besit wegneem en aan werkers gee, wat gebeur met daardie skuld?

Sal banke tevrede wees om te sien hoe hul sekuriteit verdwyn in ‘n verwarde smeltkroes van kollektiewe eienaarskap?

Dis ook ‘n feit dat 90% van swart boerderye op totale mislukking uitloop en daar word tans van boere verwag om dié las op hulself te neem met die wete dat die staat daarbenewens ook oor die mag beskik om die grond te konfiskeer met die hulp van die EFF.

Daar is seker kwalik groter afskrikmiddels vir enige belegger. Voeg daarby landelike onveiligheid waar plaasmoorde gedy, en dis donker op die horison.

Dit is duidelik dat boere sal ophou om te belê. Dit het reeds op talle plase gebeur onder die huidige grondhervormingskemas en die situasie kan net verder versleg.

Dit strek almal tot nadeel, insluitende plaaswerkers. Die verbruiker sal uiteindelik vir die gelag moet betaal.

Die regering “koop” die belang van 50% van die kommersiële boer, maar die opbrengs gaan nie na die boer nie. Dit is ‘n doodgewone ekonomiese onsinnigheid.

Die ANC-kieser, net soos die EFF-kieser, brand van wit haat en hebsug, maar terwyl hulle grondgryp as ‘n doelwit stel, stroom honderde duisende ironies genoeg na stede sonder die minste belangstelling in boerdery.

Swart Suid-Afrikaners meen grondhervorming is nodig want hulle is ideologies verblind deur verslete beloftes. Die Afrikaners se eiendom is in hulle visier. Aanstons sal dit waarskynlik elke eiendom raak, nie alleen plase nie.

Die ANC skep aaneenlopende chaos in die landboubedryf en ondermyn doelgerig voedselsekuriteit, terwyl die EFF dié treurige stand van sake verder aanhelp.

Elke besorgde landsburger sit magteloos en toekyk hoe die landbousektor stelselmatig vernietig word.

 

 

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.