SA geskiedenis moet glo nog swarter word

Die ANC wil graag swarter geskiedenis in alle skoolkinders se kele afdruk.

Dié nuutste plan vir meer intensiewe ideologiese breinspoeling, sal lande soos Kuba uitsonder.

Die huidige kurrikulum plaas glo te veel klem op die Europese geskiedenis in plaas van “plaaslike helde en heldinne en hul stryd”, sê die onderwysersunie Sadou.

Die idee van ‘n nog swarter geskiedenis wat verpligtend moet wees vir staatsskole, kom egter van wit aktiviste.

Liliesleaf Trust se stigter en uitvoerende hoof, Nicholas Wolpe sê Suid-Afrikaners moet elke aspek van die geskiedenis omhels.

Lindiwe Sisulu, minister van Menslike Nedersettings, is baie opgewonde oor die idee en meen dit sal Suid-Afrikaners in proto-Amerikaners verander waar “nasieskap almal saamsnoer”.

Die ANC voel kinders moet weet dat Mandela aan die ANC “behoort” en deur hulle opgelei is.

“Ons kinders moet weet dat daar ‘n tyd in ons geskiedenis was toe hy deur die einste mense wat hom vandag beskou as ‘n held as ‘n terroris beskou is,” sê  Nkosana Dolopi, algemene sekretaris van Sadou.

Sisulu, wat die veldtog vir geskiedenis wat verpligtend gemaak moet word ondersteun, is opgewonde oor die skuif.

Dolopi het gesê “slagoffers” soos die jong aktiviste Hector Petersen [Pitso] en Solomon Mahlangu moet “prominensie” kry.

“Ons kinders moet weet dat op ‘n stadium het ons grond besit… Die Khoi en die San en die mense van Afrika was herders van beeste, ons was nie werkers nie… ons was boere [met] Jan van Riebeeck se aankoms [en] later het ons van eienaars verander na werkers op die grond. ”

Wolpe het die stap verwelkom en gesê in vergelyking met die Verklaring van Onafhanklikheid in die VSA en Brittanje se Magna Carta, min is bekend oor die Vryheidsmanifes.

Hy het gesê hoërskoolkinders weet nie wat Rivonia beteken nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.