Lyke van agt myners opgespoor

Deel op

Die SAPD in Gauteng het op die lyke van agt onwettige mynwerkers Sondagaand in ’n goudmyn by Benoni afgekom nadat hulle deur mynpersoneel ontbied is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê twee van die lyke was ondergronds. “In die stadium is die motief vir die moorde onbekend. Al agt is in die bolyf geskiet. Die identiteite van die oorledenes is nog nie bekend nie.”

Van die oorledenes is glo dood aan kopskote van agter. Dlamini sê daar is bewerings dat van die oorledenes buitelanders was.

Veldmotorfietsryers het glo op die lyke afgekom, waarna veiligheidswagte van die myn die polisie ontbied het. Verskeie patroondoppies is naby die lyke opgespoor.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.