Watermonsters by Bloemhof toon nalatige rioolbesmetting

Deel op

Uitslae van toetse op watermonsters wat by Bloemhof in Noordwes ingesamel is, toon dat die munisipaliteit nalatig was toe drinkwater met riool besmet is.

Die burgerregte-groep AfriForum het die toetse aangevra nadat drie babas dood is weens die vuil water.

Die toetse het bevestig dat die water uit die Vaalrivier besmet was.

AfriForum het die onafhanklike toetse gedoen nadat ‘n rioolstorting ‘n uitbraak van diaree tot gevolg gehad het.

Die drie babas is dood aan ontwatering nadat hulle diaree opgedoen het.

AfriForum se hoof van omgewingsake, Julius Kleynhans sê die watermonsters het getoon dat onbehandelde riool in die rivier gestort word, wat ‘n misdryf is.

Volgens Kleynhans het die plaaslike gemeenskap kriminele klagte teen die voormalige munisipale bestuurder ingedien oor die babasterftes.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.