Die ondersoek deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat na die polisie op oproermakers gekiet het in Barberton, is aan die gang.
Die direktoraat sal bewerings ondersoek dat die polisie skerppuntammunisie tydens gewelddadige protesoptrede by die Emjindini-trust gebruik het.
Een persoon is in die maag geskiet toe die polisie op oproeriges geskiet het.
Vyf mense is later in hegtenis geneem ivm openbare geweld.
Inwoners het oproerig geraak oor swak paaie en vuil water wat die plaaslike munisipaliteit nie aanspreek nie.
‘n Plaaslike ANC-raadslid se huis is ook tydens die geweld aan die brand gesteek.
Indien die direktoraat se bevindinge talm, het die DA gesê hulle sal hulle dit tot ‘n hoër vlak met die polisie voer.