‘n “Onvolledige” voorlegging om mediese parool, is klaarblyklik die rede waarom Clive Derby-Lewis se aansoek sloer.
Derby-Lewis het op 2 Mei aansoek om mediese parool gedoen.
Die departement van korrektiewe dienste het as rede aangevoer dat die dokumentasie nie “korrek” ingevul is nie.
Die prokureurs van Derby-Lewis gaan nou die Hooggeregshof nader om die departement van korrektiewe dienste te dwing om wetgewing na te kom wanneer hul kliënt se aansoek om parool aangehoor word.
Clive Derby-Lewis se prokureur Marius Coertze het gesê amptenare van die departement het op 8 Mei ‘n vergadering gehou.
Die departement was nie gelukkig dat dokumente van Derby-Lewis se dokter en twee mediese spesialiste by die mediese paroolaansoek gevoeg is nie.
“Korrektiewe dienste is nie tevrede met die voltooide vorm nie. Hulle sê ‘n dokter of verpleegster in die tronk se kliniek moet die vorm invul.
Coertze het dit verwerp. “Dit is nie ‘n vereiste ten opsigte van die Wet nie… daardie persoon het niks te doen met Clive nie. Hulle weet niks oor sy toestand nie, “Coertze gesê.
Derby-Lewis ly aan ‘n terminale siekte. Hy is vroeër met kanker gediagnoseer.
“Hy [die kommissaris] het gesê dit is nie aanvaarbaar in sy kultuur om dit te sê nie, want jy roep die geeste van die voorvaders,” het Coertze gesê.
Hy het gesê die departement wou nie op die vorm dit stel dat Derby-Lewis terminaal siek is nie.
Korrektiewe dienste het Vrydag gesê ‘n “onvolledige” mediese aansoek is ingedien, wat nie oorweeg kon word nie.