VSA militêre raadgewers na Irak terwyl Brent-ru-olie styg

Deel op

Die Amerikaanse president, Barack Obama het aangekondig dat 300 Amerikaanse militêre raadgewers in Irak ontplooi is.

Die raadgewers sal die oorloggeteisterde land se weermag van raad te bedien oor hoe om weerstand te bied teen ‘n militante opmars van ISIS.

Die hoofsaaklik Shi’itiese regering is midde in ‘n sektariese stryd met die Sunni-militante groep bekend as ISIS wat reeds verskeie dorpe in die noorde van die land oorgeneem het.

Dié aankondiging kom nadat die VSA se inval in Irak van 2003 om Saddam Hoessein se beweerde “wapens van massavernietiging” op te spoor, klaarblyklik net geweld gebaar het.

Die redes vir die destydse Amerikaanse inval onder aanvoering van George W. Bush en Tony Blair is intussen as ‘n stel leuens ontbloot.

Obama sê egter Amerikaanse magte nie weer operasioneel sal betrokke raak in Irak nie. Die militêre personeel in Irak is egter reeds glo by die Amerikaanse ambassade daar.

Obama het gesê sy land het ‘n belang daarby om ‘n burgeroorlog in Irak af te weer.

Obama het sonder ironie bygevoeg die VSA wil verseker dat die land nie ‘n “nuwe afspringplek word vir terroriste” nie.

Die prys van Brent ru-olie het tot sy hoogste vlak in nege maande gestyg weens die risiko van ‘n volskaalse oorlog in die streek na die VSA se aankondiging.

Dit mag tot die onderbreking van olietoevoer uit Irak lei.

Hewige gevegte in die noorde het oliemaatskappye genoop om personeel weens veiligheidsredes te onttrek

Dit kan druk op voorrade uit OPUL se naasgrootste olieprodusent verhoog.

Die Irakese regeringsmagte was Donderdag in ‘n verbete stryd gewikkel met Sunni-ekstremiste om die beheer van die land se grootste olieraffinadery.

Indien die raffinadery waar 300-duisend vate olie per dag geproduseer word gesluit bly, sal die regering olie moet invoer om in die land se behoeftes te voldoen.

Tot dusver is die meeste van Irak se olievelde suid van Bagdad nog nie deur die opmars van ISIS geraak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.