Duitsland gee geld om geweld in SA hok te slaan

Deel op

Die Wes-Kaapse regering het ‘n ooreenkoms ter waarde van meer as R70 miljoen met die Duitse Ontwikkelingsbank onderteken, het RSG berig.

Die doel van die ooreenkoms is om geweld in die provinsie hok te slaan.

Die premier, Helen Zille, sê dit is deel van die ooreenkoms van ses miljoen Euro tussen Duitsland en Suid-Afrika wat verlede week deur die Duitse ambassadeur, Horst Freitag en die minister van finansies, Nhlankla Nene onderteken is.

Zille sê die geld sal gebruik word om geweld te voorkom deur middel van stedelike ontwikkeling.

Freitag sê die verbintenis is deel van – wat hy noem – ‘n omvattende bilaterale ontwikkelingsplan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.