’n Oudmynwerker, wat om veiligheidsredes slegs as Meneer X bekend staan, het Donderdag oor afskuwekkende moetierituele voor die Marikana-insident getuig.
Meneer X, ’n rotsboor-operateur, tree op as die polisie se sleutelgetuie waarin die gru-besonderhede oor mensvleis wat deur Amcu-lede vir moetie gebruik is, na vore gekom het.
Hy is deel van ‘n getuiebeskermingsprogram en getuig deur middel van ’n elektroniese beeldskakel vanaf ’n ongeïdentifiseerde plek.
Die Amcu-myners het veiligheidswagte vermoor om liggaamsdele van die menselyke vir tradisionele genesers te bekom sodat hulle daarmee teen koeëls beskerm sou word.
Die ANC het Amcu reeds daarvan beskuldig dat hulle ook deur buitelandse agente geïnfiltreer is.
Die oudmyner getuig in Centurion voor die Farlam-kommissie oor die omstandighede rondom die dood van 44 mense in Augustus 2012 by Marikana.
Tien mense, onder wie polisiebeamptes en sekuriteitswagte, sowel as ses ander mynwerkers is in die week voor die Marikana-slagting tydens gewelddadige stakings vermoor.
Julius Malema, EFF-leier, en sy partylede het intussen Donderdag uit die Nasionale Vergadering van die parlement gestap omdat Malema volgehou het om die ANC en die polisie vir die moorde by Marikana verantwoordelik gehou het.
Malema het geweier om opmerkings terug te trek wat hy tydens die debat oor die Staatsrede gemaak het. Hy het toe gesê die ANC het massamoord by Marikana gepleeg.
Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, het beslis dat sulke bewerings onparlementêr is en dat hy dit moet terugtrek.
Die Kantoor van die ANC se Hoofsweep het die gedrag van lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters in die Nasionale Vergadering as skokkend bestempel.
Die ANC se Parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die kantoor verwelkom aanduidings dat die Parlement die voorval gaan ondersoek