SA se afgradering net in VSA se belang

Deel op

Die afgradering van Suid-Afrika deur graderingsagentskappe Standard & Poor’s en Fitch is ‘n bitter pil om te sluk, wat moontlik ernstige gevolge vir ons land inhou.

Uit my basiese kennis van onsmaaklike internasionale politiek, het ek toenemend skepties geword oor sulke stappe.

Natuurlik is daar probleme met die land se groeipotensiaal. Die regering, georganiseerde arbeid en die sakegemeenskap moet saam die skuld kry daarvoor. Maar watter entiteit baat by ‘n afgradering?

Die gevolge daarvan vir die geteikende land is enorm en die grootste verloorders is die armer dele van die gemeenskap.

Afgraderings sal lei tot die depresiasie van ‘n reeds swak rand, produkte en dienste sal duurder word, en ‘n algemene malaise sal beleggers elders lok.

Samesweringsteorieë kan die werklikheid soms ignoreer, maar my skeptisisme gee aanleiding tot ‘n baie werklike persepsie van ‘n alles-deurdringende Amerikaanse invloed in dié geval.

Ons het oor die jare waargeneem dat as die VSA nie hul internasionale oorheersing deur die militêre slaankrag kan bereik nie, gebruik die land graag finansiële spierkrag om die globale ekonomie te manipuleer tot hul eie selfsugtige voordeel.

Dit is waarom geen Westerse land dit waag om kritiek teen hulle uit te spreek nie.

Die enigste entiteit wat sal voordeel trek uit ‘n afgradering van Suid-Afrika is die VSA en die ryk Westerse blok wat die beursie van die wêreld van finansies beheer, want ons sal dan meer betaal om vir ons huidige en toekomstige lenings.

Die drie groot graderingsagentskappe is, verrassend, Amerikaanse maatskappye, en ondervinding het getoon dat sulke besighede is altyd uiters partydig teenoor die Amerikaanse nasionale belang optree.

Imogen Larsen

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.