Limpopo-boere met miljoene beboet

Deel op

Minstens tien boere in Limpopo is deur arbeidsinspekteurs beboet omdat hulle hul werknemers te min betaal.

Volgens die departement van landbou beloop van die boetes tot ’n miljoen rand.

Arbeidsinspekteurs wat plase besoek het, het glo op “ernstige oortredings” van die wet op basiese diensvoorwaardes afgekom.

“Ons verwag nie luukse behuising nie maar wat ons hier gevind het is nie eers geskik vir honde nie, het ‘n woordvoerder, Joe Mokou, gesê.

Die plaaswerkers het in sommige gevalle glo R1 427 per maand te min ontvang en werkgewers het nie tot die werkloosheidsversekeringsfonds bygedra soos die wet vereis nie.

Die minimumloon vir plaaswerkers is R 2 227 per maand.

Limpopo-boere stel duisende seisoenale werkers aan om te help met sitrus- en tamatie-oeste.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.