Wit Brit lei al-Sjabaabterreur in Kenia

Deel op

‘n Wit Britse man wat “vlot Britse Engels” praat lei die al-Sjabaab kommando’s wat dorpe in die noorde van Kenia aanval.

Sowat 60 mense is dood in die aanvalle wat deur die wit Brit gelei word, het getuies gesê.

Verskeie mense in Mpeketoni het gesê die bende se leier was ‘n blanke en praat Engels en Arabies. Een van die ooggetuies is ‘n laerskoolonderwyseres wat goed Engels praat.

Die aanvalle word deur ‘n goed opgeleide span van al-Sjabaabterroriste uitgevoer wat onder die koördinering van ‘n ervare buitelandse jihadi-span werk om Somaliese Islamiete te versterk.

Die grootste van die twee mees onlangse aanvalle was toe sowat 40 gewapende mans die beheer van Mpeketoni oorgeneem het deur te vra of mense Moslems is. Hulle het diegene wat nie was nie, summier doodgeskiet. Sestig mense het gesterf.

Daar was verdere terreuraanvalle Maandagnag, toe soveel as 15 mense gedood is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Keniaanse president Uhuru Kenyatta beweer dat die aanvalle die werk van plaaslike politici is wat probeer om etniese haat teen sy Kikuyu-stam aan te wakker.

Dit is ten spyte van die feit dat al-Kaida reeds verantwoordelikheid aanvaar het vir die sterftes.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.