Kernkrag is uitgemaakte saak sê minister van energie

Deel op

Kernkrag is nou ‘n uitgemaakte saak om die land se energie-tekort te verlig, sê die minister van energie Tina Joemat-Pettersson.

Sy het by ‘n New Age sake-ontbyt Woensdag gesê: “Kernkag sal gebruik word. Hierdie versekering het tot nou toe ontbreek.”

Sy het verwys na President Jacob Zuma se bevestiging in sy staatsrede Dinsdagaand.

In sy toespraak het Zuma die oplossing van die energiekwessie as sentraal tot SA se toekomstige ekonomiese groei geïdentifiseer.

Joemat-Petterson sê die regering kyk na radikale transformasie in die energiesektor om die beperkings op elektrisiteit te bowe te kom.

Duisende huishoudings en sake-ondernemings word tans deur beurtkrag geraak.

Die minister sê dit is van kritieke belang dat daar by Eskom ingegryp word om strukturele veranderinge in die sektor teweeg te bring.

“Hierdie situasie vra vir ‘n radikale transformasie van die energie-sektor, ‘n volhoubare energiemengsel wat bestaan ​​uit steenkool, son, wind, hidro-, gas en kernkrag,” het sy gesê.

Die Nasionale Kernreguleerder en Energie Uitvoerende Koördinerende Komitee sal in ‘n Kabinet-subkomitee oor energie-sekuriteit omgeskakel word om institusionele kapasiteit te skep.

‘n Subkomitee sal verantwoordelik wees vir die toesig van, koördinering oor en rigting aan die energiesektor.

Zuma se nuwe subkommittee sal dus volle beheer oor die land se elektrisiteitbesluitneming neem. Dit sal waarskynlik ‘n Russiese kernkragplan en die Inga-projek bevoordeel.

“Kernkrag het die moontlikheid van die opwekking van meer as 9000 MW, terwyl skaliegas erken word as ‘n spel-wisselaar vir ons ekonomie,” het Zuma Dinsdag gesê.

Daar is egter baie weerstand teen hidrobreking wêreldwyd.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.