Myners stroom terug ten spyte van Amcu se nuwe eise

Deel op

Ten spyte van Amcu se nuwe eise aan platinumprodusente, is werkers reeds besig om terug na die platinummyne te stroom in afwagting op die hervatting van mynbou-aktiwiteite.

Die wêreld se voorste drie platinumprodusente, Impala Platinum, Anglo American Platinum en Lonmin, het bevestig dat al hoe meer mense begin terugkeer werk toe ondanks die staking.

Die myne en vakbond het verlede week in beginsel ‘n ooreenkoms bereik.

Dit het optimisme dat ‘n ooreenkoms onderteken sou word, geskep.

Die maatskappye sê egter die vakbond het bykomende eise ingedien wat nie in die oorspronklike ooreenkoms is nie.

“Die laaste paar stappe is altyd die moeilikste en die gesprekke is op die mees sensitiewe stadium nou,” het Johan Theron, Implats se woordvoerder gesê.

“Ons is hoopvol ‘n ooreenkoms kan binne ‘n kwessie van dae bereik word, maar daar is ‘n vlak van leierskap wat nodig is aan beide kante om daar te kom.”

Die maatskappye het aangebied om die R12 500 wat die vakbond eis binne vyf jaar te betaal, met ‘n R1000 per maand verhoging vir die eerste twee jaar, wat gevolg word deur ‘n R950 per maand verhoging daarna.

Die aanbod verteenwoordig ‘n toename van tot 20% vir die laagste-betaalde werknemers.

Hulle verdien tans, insluitende behuisingstoelaes, R6 000 per maand.

Ander kategorieë sal 13% ekstra in die laagste twee groepe kry. Die jaarlikse verbruikersprysinflasie was 6,1% in April.

Amplats se woordvoerder Mpumi Sithole het geweier om die inhoud van Amcu se nuwe eise te openbaar.

Theron het gesê daar was ‘n groot verbetering in kommunikasie en werknemers is positief oor die staking wat tot ‘n einde kom, en wil terugkeer na hul werk.

“Dit blyk duidelik dat hulle sielkundig aanvaar die staking is tot ‘n einde,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.