Skaliegasontginning kan waterstelsel vernietig waarsku WWF

Deel op

Die regering se plan om voort te gaan met skaliegasontginning en meer steenkoolmyne gaan ’n vernietigende uitwerking op Suid-Afrika se watertoevoer hê, sê die Wêreldnatuurfonds (WWF).

Die WWF sê kritieke waterproduksie-gebiede en waterstelsels word deur steenkoolmyne bedreig.

“Die Karoo word as ’n sensitiewe gebied beskou en daar is onsekerheid oor die aantal negatiewe gevolge wat skaliegas-eksplorasie kan veroorsaak,” sê die WWF.

In sy staatrede het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê die regering beplan om met kernkrag- en skaliegasprojekte voort te gaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.