TV-stasie wat slapende president wys verbied

Deel op

Uganda se regering het Woensdag een van die grootste TV-stasies verbied om voorts nuus oor hulle president uit te saai.

Dié stap kom nadat beelde van President Yoweri Museveni wat in die parlement sit en slaap, uitgesaai is.

“Die president het gewoontes, hy mediteer en hulle weet dit, en steeds gaan wys hulle dat hy slaap,” sê ‘n bestuurder van die regerings-mediasentrum Dennis Katungi.

Die regering het bevestig dat ‘n verbod teen NTV Uganda ingestel gaan word en dat hul dekking van die president opgeskort gaan word: ”Tydelik, sodat hulle bietjie kan nadink”, sê Katungi.

Museveni (69), regeer sedert 1986.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.