Kieshof bevind teen OVK-voorsitter

Deel op

Die leier van die United Democratic Front, Bantu Holomisa, sê die Kieshof se aanbeveling dat die OVK se voorsitter, Pansy Tlakula, uit haar amp verwyder word, sal dien as waarskuwing vir ander dat niemand bo die reg verhewe is nie.

RSG berig dat die hof teen Tlakula beslis het in haar stryd teen sewe opposisiepartye wat wil hê sy moet uitgeskop word.

Die hof het in ‘n geskrewe uitspraak bevind dat Tlakula die OVK se onafhanklikheid en integriteit in gedrang gebring het.

Tlakula is vroeër deur die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, skuldig bevind aan wangedrag met die aankoop van die kommissie se hoofkwartier in Centurion.

Holomisa wat deel was van die hofaansoek teen Tlakula, sê hulle is reg bewys.

Haar toekoms hang nou af van die Parlement.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.