Straatsmouse in Pretoria met haelgewere uitmekaargejaag

Deel op

Polisiebeamptes gewapen met haelgewere het ‘n skare straatsmouse in die Pretoria Woensdag uitmekaargejaag.

Tshwane-metropolisie en die SA Polisiediens het die betogers van Isivuno House, die munisipale hoofkantoor, verjaag met dreigemente van skerppuntaksie.

Winkels en banke is gesluit toe die oproeriges met stokke en klippe in Lilian Ngoyi-straat afbeweeg het. Die straat is afgesper, wat veroorsaak het dat verkeer erg ontwrig is.

Die smouse, die Tshwane Barekisi Forum, het Dinsdag ‘n reaksie geëis op ‘n memorandum van griewe wat aan die munisipaliteit oorhandig is.

Hulle beweer die metropolisie teister sy lede en steel hul voorraad.

Die smouse het gedreig om die stad onregeerbaar te maak indien dit nie stop nie.

Die handelaars wil ook hê die metropolisie moet optree teen ‘n beampte wat hulle beskuldig van die moord van een van hul kollegas in Januarie.

Die forum beweer Foster Jan Rivombo, ‘n groenteverkoper, is doodgeskiet vir die weiering om van sy voorraad aan die Tshwane-metropolisie te oorhandig.

Die forum sê hulle het meer as 1000 gelisensieerde lede in Pretoria.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.