Die Burgerlike lugvaartowerheid sê die militêre vliegongeluk in Mpumalanga, waarin drie mense omgekom het, is moontlik veroorsaak gebrekkige vliegopleiding vir spesifieke weerstoestande.
Die Cessna-vliegtuig was van Sabi Sabi na Lydenburg onderweg toe dit in die Misty Mountain-gebied neergestort het.
Die twee oorlewendes is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.
Die weermag sê die ondersoek na die oorsaak duur voort.
Beeld het bronne aangehaal wat beweer het die vlieënier was “hoogs ervare”.
Lugvaart-kenners het reeds gevra dat die lugmag dit moet oorweeg om opleiding vir swak weerstoestande terug te bring, nadat dit geskrap is.