IBM sien geen alternatief vir oopbronprogrammatuur nie

Deel op

Bob Sutor, visepresident van IBM, het 'n paar interessante voorspellings vir die volgende tien jaar gewaag.

Deel op

Hy het gesê die gebruik van die Linux-oopbronbedryfstelsel teenoor Microsoft gaan aanhou om toe te neem.

Sutor dink dat daar geen oopbronalternatief vir Linux oor die volgende tien jaar gaan wees nie, en dat Linux meer op ander verwerkers gebruik gaan word.

Die IBM-uitvoerendebeampte dink dat oopbronprogrammatuur by 'n kruispad gekom het en het dit 'n maak-of-breek-dekade genoem.

Sutor glo dat die oop bedryfstelsel belangrike bydraes tot die omgewing gaan maak deur energieverbruik te verlaag.

Soos wat Linux meer gewild raak op tradisionele werkskerms sal meer grafiese ontwerpers nodig wees om die ontwerp te verbeter.

купить куклыалександр лобановский класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.