N2 in Oos-Kaap sluit na openbare geweld

Deel op

Oproerigheid het daarvoor gesorg dat talle mense in hegtenis geneem is in die Oos-Kaap vir openbare geweld.

Die polisie was uiteindelik genoodsaak om traangas en skokgranate te gebruik om die skare uiteen te jaag.

Oproermakers het die die N2 tussen Oos-Londen en King William’s Town versper.

Die inwoners van Tshabo het buitebande op die pad aan die brand gesteek en verkeer ure lank ontwrig.

Die oproeriges eis dat ‘n raadslid bedank, nadat hy nie sy beloftes oor behuising nagekom het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.