President lewer moeë Staatsrede

Deel op

In ‘n Staatsrede wat verskeur is deur opposisielede, het president Jacob Zuma min op detail gefokus en byna hoegenaamd nie op die Nasionale Ontwikkelingsplan nie, die regering se groei bloudruk.

Zuma het benadruk dat die skep van werkgeleenthede vinniger ekonomiese groei vereis, maar effektief begin met die 2016 plaaslike regering verkiesingsveldtog.

Hy het direkte ingryping deur die staat in sukkelende munisipaliteite in die vooruitsig gestel.

Hy het spesifiek verwys na die faktuurkrisis in Johannesburg, wat die ANC baie steun kos het.

Verskeie ingrypings sal plaasvind om die ekonomie te help, het hy gesê. ” Ons het ‘n sterk teiken van 5% groei teen 2019. ”

Die toespraak volg na ‘n afgradering Vrydag deur Standard & Poor’s asook Fitch.

Ekonomiese somberheid het verdiep sedert die ekonomie in die eerste kwartaal gekrimp het.

Zuma het gesê die regering is vasbeslote om in samewerking met die private sektor struikelblokke in beleggings te verwyder.

“Ons sou graag wou sien dat die private sektor soveel vertroue in die ekonomie het as die openbare sektor,” het hy gesê.

Hy het erken dat ekonomiese groei ver agter die Regering se teikens is en dat Suid-Afrikaners daaronder ly. Hy sê verandering sal nie sonder verreikende ingrypings gebeur nie.

Volgens Zuma oorweeg die regering die instelling van `n nasionale minimum-loon om ongelykhede in inkomste te verminder.

Uitgebreide en geweldadige stakings, asook `n tekort aan elektrisiteit gedeeltelik verantwoordelik is vir die stadige groei in die ekonomie, het hy bygevoeg.

Met die ekonomie wat verlede maand negatiewe groei getoon het, het Zuma gesê dit is kritiek dat alle belanghebbendes moet vergader om die omvang en duurte van stakings te bespreek.

Zuma het effens broos gelyk toe te midde van ernstige kommer sy eie sowel as oor die land se ekonomiese welstand.

Zuma het nie op die rooi tapyt gestap nie, maar is met ’n wit Mercedes-bussie reg voor die ingang afgelaai.

Die president se gesondheid wek kommer nadat hy tien dae by die huis deurgebring het om te “rus”.

‘n Sigbaar uitgeputte Zuma het die rede met ‘n hees stem gelewer.

Daar behoort dringend aandag gegee te word aan die “onhoudbare arbeidsverhoudinge-omgewing”, het hy gesê.

Hy het ook die regering se plan om die arbeidskrisis in die mynboubedryf op te los uiteengesit.

Zuma het landbou uitgesonder as ’n sleutelbedryf vir werkskepping en gesê die regering beoog om teen 2030 ’n miljoen nuwe werksgeleenthede in dié bedryf te skep.

Om werkloosheid aan te spreek het hy aangekondig dat elke staatsdepartement en openbare entiteit verplig gaan word om internskappe vir jong swartes beskikbaar te stel.

Zuma het gesê die energiesektor sal “radikaal transformeer” en skalie-ontginning asook kernkrag sal deel uitmaak van die regering se planne.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.