NSA-regering soebat om verder gedestabiliseer te word

Image In die Rapport van verlede naweek was daar ʼn berig wat handel oor ʼn verslag wat bekendgemaak is deur die Nasionale vervolgings gesag (NV ) waarin baie dringende waarskuwings gerig word dat Suid-Afrika as veilige hawe gebruik word deur Moslemterroristegroepe.

Die name van Hamas, Hezbollah en El-Kaida word in die stuk genoem. Ek dink nie dit verg veel verbeelding om die potensiaal te sien vir die soort probleme wat die huisvesting van sulke mense kan skep nie,  gegewe die reeds bloedige spoor wat hulle tot op hede gelaat het nie. Dat hulle aksies die wêreld se oë op hulle gevestig het, is wel waar, maar dit die land se reputasie verder benadeel indien ons aanhou sulke mense onderdak te bied.

Suid-Afrika het reeds die nuus gehaal met ʼn SA burger van Moslem-agtergrond wat in Brittanje gevang is toe hy en andere vliegtuie in die lug wou opblaas.

Die redes vir hulle teenwoordigheid hier word as drieledig beskryf. Eerstens omdat hulle voortvlugtig is voor die wet elders ter wêreld, tweedens omdat hulle befondsing soek vir hulle onderduimse aktiwiteite en laastens om rekrute te kry vir watter doel dit ook al mag wees.

Wat die bogenoemde inligting wel ter sake maak, is die omstandighede waaronder dit bekend gemaak is, tydens ʼn voorlegging oor die wysigingswetsontwerp wat die Skerpioene moet ontbind.

Dit dui op die onversetlike posisie wat die regering ingeneem het jeens ʼn organisasie wat kon help om die verspreiding van georganiseerde misdaad vanuit die geledere van terroriste-organisasies te bekamp. Aangesien hulle nie die enigste bronne van georganiseerde misdaad in die land is nie.

Mens kan net wonder wat die regering probeer bewys met die openbare verhore wat tans die land vol gehou gaan word om die publiek se mening in te win oor die ontbinding van die enigste doeltreffende manier om georganiseerde misdaad te bekamp. Totdat mens later agterkom dis maar net baie duur oëverblindery wat bedoel is om die mense sogenaamd gelukkig te hou, en aan die regering die troos te gee dat hulle wel die volk geraadpleeg het.

Die een ding wat wel baie duidelik in die verslag genoem word, is die bedreiging wat die teenwoordigheid van georganiseerde misdaad vir die land se stabiliteit inhou.

Verder word daar melding gemaak van die invloed wat georganiseerde misdaad op die land se veiligheid en integriteit het, asook die baie duidelike vermoë om die land se regstelsel en regering se doeltreffendheid te ondermyn.

Een van die gebiede waarin van die misdaadsindikate bedrywig is, kan verwoestende gevolge, naamlik die privaatveiligheidsbedryf. Dit is baie duidelik sigbaar in die land oor die afgelope jaar, met die opblaas van OTM-masjiene as net een voorbeeld van kundigheid wat krimineel aangewend word. Die feit dat polisiemanne reeds betrek was by van die ontploffings dui op die omvang en lang arms van die sindikate.

Verder is die opleiding van paramilitêre magte ook ʼn aktiwiteit waaraan mense van die ou regering se veiligheidsmagte en oudvryheidstryders gekoppel is. Weer kan mens die voorbeeld noem van OTM’s wat opgeblaas word en aanvalle op petrolstasies waar die aksies met militêre presisie uitgevoer word. Die een voorval in die nuus waarin ʼn polisieman oorlede is en blanke mans deel van die groep was, klaarblyklik in beheer, spreek boekdele hieroor. Dit is dieselfde tipe teenstand waarin die polisie hom keer op keer in vasloop wanneer daar teen dwelmhandelaars opgetree word, mense wat presies weet hoe om die wetstoepassers bloedneus te slaan.

Iets wat verder sigbaar is, is die verskyning van wapens wat voorheen baie skaarser was, hoewel dit die items van voorkeur was onder vryheidsvegters in die verlede, wat duidelike tekens toon dat wapensmokkelary ook sterk aan die toeneem is.

Ons geagte mnr. Zuma wat so sing-sing vra vir sy masjiengeweer is ʼn sprekende voorbeeld. Die klagtes wat wissel van bedrog tot geldwassery sê alles.

Al die bogenoemde is dinge wat die land se ekonomie, wat op die beste van tyd redelik wankelrig is, net verder kan ondermyn en verswak, ondat dit die boodskap aan die wêreld uitbasuin dat reg en geregtigheid nie in die land meer bestaan nie.

Die gevolg is dat die investering wat die land so bitter graag vanuit die buiteland soek dalk mettertyd kan verminder, aangesien hulle die magteloosheid (dalk totale hopeloosheid?) van die regering raaksien. Dis iets wat die regering nie kan bekostig as hulle die land wil laat groei teen die koerse wat hulle so optimisties voorsien nie.

Daar word in die verslag genoem dat die land se ekonomie tans tussen 0,5% en 4 % van die Bruto Binnelandse Produk verloor weens georganiseerde misdaad. Mens kan net wonder oor die akkuraatheid van die syfers, gegewe die swak kaliber van die sentrale statistiekdepartement se werk oor die afgelope paar jaar. Is dit nie dalk meer nie, en word die regte syfer nie dalk verminder nie, omdat die bekendmaking daarvan dalk ʼn totale uitbarsting van die publiek tot gevolg sal hê nie? Dit is vrae wat net die opstellers van die verslag sal kan antwoord, as hulle gebore in staat was om die waarheid te kon praat.

Dat die sindikate groot geld beskikbaar het om maatskappye te stig wat die geld dan “was”, help ook nie in die stryd daarteen nie.

Wat wel verder interessant is, is die lande wat met misdaadsindikate verbind word. Die name van Rusland en Sjina is die eerste wat die oog vang, aangesien dit die twee lande was wat in die vryheidstryd teen die SA regering opgetree en die vryheidsvegters gehelp het, in woord of daad.

Die tydstip toe hulle name vir die eerste keer aan georganiseerde misdaad gekoppel is, is ook opvallend. Dit het in die die vroeë 1990’s geskied, wat toevallig die tyd is wat die huidige regering uit die tronke en ballingskap gekom het, en wat prominensie verkry het. Ek glo nie dis toevallig nie.

Wat mens wel verder op kan let, is hoe spesifiek dié twee nasies op hul eie bodem deurtrek is van soortgelyke misdaad, wat insgelyks slegs op die oppervlak bestry word, en nie met wortel en tak uitgeroei word nie. Is dit dalk wat dié lande se regering van die NSA verwag, om dié aktiwiteite toe te laat? Mens sal nooit weet nie.

Die feit dat Nigerië ook genoem word, is nie eintlik verrassend nie, aangesien hulle tuisland verrot is van misdaad, met tentakels wat die wêreld vol strek.

Die Italiaanse Mafia verskyn op die lys, en mens  het nie baie verbeelding nodig om die name van Agliotti te sien nie, en dan is dit natuurlik verbind met ons eerbare polisiekommissaris, Jackie Selebi, wat volhou dat hy niks verkeerds gedoen het nie. Ek kan dink aan vele Mafia-films waarin die oortreders ook gesê het dat hulle niks verkeerds gedoen het nie, maar die getuies wat sementstewels gekry het en onder ander geheimsinnige omstandighede dood is sou anders vertel het.

Later in die verslag word genoem dat die stryd teen georganiseerde misdaad nie deur gewone polisie hanteer kan word wat ook nog belas is met daaglikse wetstoepassing nie. Ek is nie verbaas nie, aangesien hulle nie eers dit kan doen sonder om foute te maak en misdadigers te laat wegkom as gevolg van hulle onnosel onbeholpenheid nie.

Die verslag stel dit baie duidelik dat dié tipe misdaad sleg deur ʼn sp esialiseenheid hanteer kan word, en dan ook een wat die hulpbronne en vaardighede het. Die eenheid ook die tegniese ondersteuning nodig, toerusting wat die beste is wat geld kan bekostig, aangesien sindikate nie met die tweede beste tevrede is nie. Dus is mense nodig wat weet hoe om met die tegnologie te werk.

Verder vat dit ʼn sekere soort mens om in die kop van die sindikaat te kan “inklim” om te kan analiseer hoe en hoekom dinge gebeur, en dit is ongelukkig nie die deursneepolisieman nie; sy vermoë strek net nie so ver nie.

Wat verder opvallend is, is dat dit volgens speurders en staatsaanklaers sowat 8 jaar neem vir iemand om die spesialisvaardighede op te bou om dié spesifieke misdaadtipe te kan beveg, en dit is net een jaar minder as wat die Skerpioene reeds bestaan. Die afleiding wat ek dan maak is dat hulle wel die nodige standaard bereik het om ʼn verskil te kan maak.  Aangesien dit te naby aan die regering se kroonwild begin raak het, is die besluit geneem om hulle te ontbind en die nuwe beoogde eenheid so af te water dat hulle geen kans op enige sukses sal hê nie.

Dalk het die regering ʼn plan met die dekriminalisering van georganiseerde misdaad, om dit so te noem. Op sy minste bied dit vir ons stof tot nadenke.              

online casino ukпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.