Skoolseun steek Uzi in sy tas weg

Deel op

Beeld berig dat 'n skoolseun van die Oos-Rand vasgetrek is nadat hy 'n Uzi-masjiengeweer in sy skooltas weggesteek het.

Image

Deel op
Die 16-jarige seun, wat ook 4 patrone in sy besit gehad het, is Saterdagaand in Daveyton in hegtenis geneem.

Die seun is deur die polisie in 'n straat opgemerk waar hy dié geweer in sy skooltas probeer indruk het.

Die polisie soek na nog twee gewapende tieners wat van die toneel gevlug het.

Die seun is intussen borgtog geweier.

Dieselfde masjiengeweer is glo Vrydagnag in 'n rooftog in Daveyton gebruik, volgens die polisie.дизельный или бензиновыйФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.