praag se voorkoms het verander! Lewer gerus hier onder kommentaar op die nuwe voorkoms, wat ons nog verder oor die volgende dae en weke sal verfyn.
Ons het besluit om die meer teksgerigte voorkoms wat reeds op die Engelse praag te siene was, te gebruik. Nie net gaan dit vir ons makliker wees om by te werk nie, maar dit sal ook veel minder bandwydte van lesers gebruik, vinniger aflaai en makliker op selfone en tablette gelees kan word.
Dankie vir u ondersteuning en begrip.
– Die redaksie