Militêre veterane kry voortaan gratis dienste

Deel op

Ter ere van die jeug van 1976, sal alle militêre veterane voortaan op gratis dienste geregtig wees.

Die departement van militêre veterane het ter viering van Jeugdag aangekondig dat veterane voortaan gratis gesondheidsorg, onderrig, behuising en ondersteuning vir sake-ondernemings sal ontvang.

Swart jeugdiges het tydens die Soweto-opstand in 1976 “teen Afrikaans” by vryheidsbewegings soos Umkhonto we Sizwe aangesluit.

Hector Pitso se dood onherkenbaar opgehemel
Hector Pitso se dood onherkenbaar opgehemel

Mbulelo Musi, woordvoerder, het in ‘n verklaring duisende militêre veterane wat gedurende hierdie tydperk 38 jaar gelede aangesluit het, gelukgewens.

Op 16 Junie 1976, het ‘n groep skoolkinders uit Morris Isaacson High School in Orlando, Soweto, oproerig geraak “oor Afrikaans as die medium van onderrig”.

Dié en ander verbeelde griewe teen die apartheidsregering is deur die Afrikaans-vyandige pers kunsmatig opgeblaas tot ‘n “internasionale insident” nadat ‘n foto van ‘n dooie swart kind, Hector Pieterson, internasionale voorblaaie gehaal het.

Die Pieterson-gesin was oorspronklik die Pitso-gesin, maar het glo besluit om die Pieterson-naam aan te neem om te probeer om as Kleurlinge geklassifiseer te word.

Daar word tewens bespiegel dat die 12-jarige deur swartes vermoor is omrede hy nie as swart gesien wou word nie.

Deesdae is daar geen buitelandse koerant wat in die daaglikse oproer, brandstigting, moorde en plundery belangstel nie, alhoewel dit baie meer wydverspreid en sonder ophou plaasvind.

Die dag word steeds gevier as “Jeugdag” onder swartes en wit Mandela-aanbidders.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.