LUR: Wit en swart skole in Gauteng moet saamsmelt

Deel op

Wit Afrikaanse skole in Gauteng sal aanstons met swart townshipskole moet “saamsmelt” vir “beter integrasie tussen skole” ter bevordering van “nie-rassigheid”.

Die opmerkings deur Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, kom nadat hy reeds ’n tegniese span aangestel het om “sosiale kohesie te bevorder”.

Lesufi het aan Beeld gesê hy wil so ’n splinternuwe stelsel “ondersoek”. Dit lyk op die oog af of Lesufi deur die “onderwysspesialiste” van Section 27 bygestaan word met sy nuwe integrasieplan.

Praag het voorheen berig hoe Section 27 mbv buitelandse “navorsers” – Mark Heywood – en befondsing swartes huur om teen wit skole te gaan betoog.

Lesufi
Lesufi: buikspreker van Section 27

Só ‘n skool sal met een skoolhoof en een beheerliggaam funksioneer, wat waarskynlik beteken dat dit deur ‘n swarte gelei sal word.

“Ek het ’n tegniese span aangestel wat binne ses maande terugvoering aan my sal gee.

“Ek wil hê ons moet ’n nie-rassige atmosfeer skep. Ek hou nie van die huidige toedrag van sake nie. Dis die enigste manier waarop ons ontslae gaan raak van die stereo­tipes in ons samelewing en ons kinders nader aan mekaar gaan bring.

“Die huidige skoolstelsel in die provinsie is oud en moet verander word. Ons lewe nog verby mekaar.

“Ons is dit aan die kinders van 1976 verskuldig om sáám skool te gaan,” het Lesufi gesê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.