Terreur-selle in SA laat gevaarligte flikker

Deel op

Die Volksblad berig dat Al-Sjabaab-selle, afkomstig van Somalië, vir Suid-Afrika ‘n bedreiging inhou. Die groep is deur Osama bin Laden in die lewe geroep.

Kenia het sedert verlede jaar alle Somaliërs gebrandmerk ná ’n aanval op ‘n winkelsentrum in Nairobi.

Samantha Lewthwaite, ’n Britse vrou, was glo die baasbrein agter die bomaanval op die winkelsentrum in Nairobi.

Sy is ook bekend as die Wit Weduwee en het in Suid-Afrika gewoon en gewerk voor die aanval op die winkelsentrum in Nairobi.

Tydens die aanval op Westgate-winkelsentrum, het 67 mense hul lewens verloor.

Die Mombasa-gebied is volgens prof. Hussein Solomon, ‘n ontleder, die skuilplek vir ekstremiste soos die Wit Weduwee. Volgens kenners praat ‘n hele aantal rebelleleiers Engels met ‘n swaar Britse aksent.

Sy is met die Somaliese Al-Sjabaab-krygsheer Hassan Maalim Ibrahim getroud. Sy word reeds in 200 lande gesoek vir haar aandeel in tientalle terreuraanvalle.

Al-Sjabaab beteken “Die Jeug” in Arabies.

Die heersende xenofobie teen Somaliërs kan lei glo tot terreur ter plaatse, volgens Solomon, ‘n leraar in die departement politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die Amerikaanse ontplooiing in Afrika, bekend as AFRICOM, se aanvalle op burgerlikes deur onbemande tuie is glo deels die rede vir die toenemende geweld in Kenia.

Prof. Hussein Solomon
Prof. Hussein Solomon

Dié terreurgroep is ook een van talle wat Suid-Afrika glo as ’n basis gebruik om ’n inkomste te genereer om operasies soos dié in die res van Afrika te finansier, sê Solomon.

Solomon sê Suid-Afrika se powere intelligensiedienste weet nie veel van die terreurgroepe binne ons landsgrense nie.

“Ongelukkig is dié dienste deurspek van politieke aanstellings in senior poste. Nie een van hulle weet hoe om ’n situasie te ontleed en daaruit voorspellings te waag nie,” het hy gesê.

Minstens 48 mense is Sondag in Mpeketoni, aan die Keniaanse kus, in ’n aanval gedood.

Die rebelle het twee losieshuise en ’n polisiekantoor aangeval terwyl die inwoners saam na die Wêreldbeker-sokkertoernooi op televisie gekyk het.

Die rebelle gebruik “wit goud”, of ivoorsluikhandel uit die Afrika-bos na Asiatiese stede om hul opstand te finansier.

Andrea Crosta, uitvoerende direkteur van die Elephant Acion League (EAL), wat die afgelope paar jaar ondersoek na al-Sjabaab ingestel het, sê dié handel verloop seepglad.

Hy beweer dat tot drie ton ivoor elke maand verkoop word deur middel van ‘n gekoördineerde ketting.

Aktiviste en natuurbewaarders sê al-Sjabaab ontvang ‘n beduidende gedeelte van sy befondsing van ivoorsluikhandel.

Inligting oor presies hoe dit bereik word is reeds saamgeflans deur wildbewaarders en sekuriteitsdeskundiges.

Volgens ‘n VN-verslag is 22.000 olifante in 2012 deur stropers afgemaai.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.