VRYEPOORT: IS JOHAN PIENAAR ‘N TROTSKIS OF MAO?S?

Deel op

Iets wat my onlangs eers opgeval het is dat Johan Pienaar ‘n uitgebreide referaat gehou het oor die Soweto-opstande op 16 Junie, en dit kan op die "Vryepoort" ruimte onlangs by Litnet aangekondig by gelees word. Hierin wy Profeet Pienaar uit oor die oorvloed aan vryhede waarvan Suid-Afrikaners na apartheid met trots kan spog. Vryheid as teenoorgestelde van vrees en bron van vreugde. Vryheid as ‘n manier om ‘na buite’ te stap. Vryheid van die vrees "wat die huidige golf apartheidapologete aan ons probeer verkoop", en dan skryf Pienaar verder: "Ons moet ophou bang wees vir ons medeburgers. Ons moet ophou om die ANC te vrees. Wanneer hulle gekritiseer moet word, doen dit fel, maar hou ook op om bang te wees om hulle te prys." (kursivering myne)

Deel op

Ja, u het reg gelees! Ons moet vreugde put uit ons nuutgevonde vryheid om die ANK te verheerlik. So ‘n stukkie onverdunde stalinisme het ek baie lank laas teëgekom. As hy hierdie toespraak so 20 jaar gelede gelewer het, sou ek hom graag wou voordra vir die Leninorde, maar ek is bevrees hy sal tevrede moet wees met ‘n foto van ‘n paar glimlaggende arbeiders uit ‘n Noord-Koreaanse propagandatydskrif. Ek dink nie eers Fidel Castro se ongeneeslike sikofante in Wes-Europa gaan so ver nie.

Ek moet toegee dat my kennis van die verskillende vertakkinge van kommunisme ietwat beperk is. Daar is Maoïste, Trotskiste, Staliniste ensovoorts. Daar is ook mededingendheid onder die verskillende groeperinge. Maoïste en Trotskiste is byvoorbeeld nie baie dol op mekaar nie, hoewel altwee ywerig waak teen ‘n nuwe heersersklas wat af en toe temidde van ‘n kommunistiese bestel kan ontstaan. Hierdie anti-elite mentaliteit het selfs Trotski se lewe gekos, om maar te swyg oor Mao se mees intieme partygenote wat hy laat bombardeer het.

Pienaar stel in sy eerste agendapunt: "Ons moet as nuwe geslag Afrikaners leer om vreesloosheid te omhels." In die konteks van Suid-Afrika anno 2006, waar jaarliks 30 000 babas verkrag word, waar weekliks 17 plaasaanvalle plaasvind, waar sowat 50 000 mense vermoor word elke jaar, moet ons soos trotse rewolusionêre nie terugdeins om onsself te laat vermoor, beroof of verkrag nie. Dit is immers vir die Groter Saak. Pienaar wil ons voorberei vir die ‘permanente rewolusie’ á la Trotski, daardie soort wat miljoene lewens gekos het.

Alhoewel ek nie in Pienaar se persoonlike lewe kan rondsnuffel nie, vermoed ek dat hy die Roemeense kommunis Ana Pauker as lewensgesellin baie sou begeer. Pauker se eie man was in opdrag van Stalin gefusilleer, maar dit het haar vir geen sekonde met verdriet gevul nie. Haar toewyding was heeltemaal aan Stalin en die Groter Saak. Dit vind sy weerga so reg in Johan Pienaar se kraal. Hierdie besetenheid met die Rewolusie is tipies iets wat sielkundiges na die kladblokke en handboeke laat gryp en vir jarelange debatte sorg onder die geleerdes. Die proses is dieselfde: met baie sektariese godsdienste, hetsy kommunisme, hetsy siëntologie, lyk die probleme wat hulle uitwys realisites. Die argumente wat hulle bied lyk goed en passend by die probleem. Hoe meer ‘n mens egter verdiep in die probleemstelling, hoe minder maak alles sin, en die swart/wit indeling word steeds gryser. Soos wat die verwarring toeneem, bied hierdie godsdienste antwoorde wat, as ‘n mens dit nie aan die alledaagsheid toets nie, steeds vreemder word. As ons weer sien, sit ons in die middel van ‘n bloedbad en noem ons dit ‘vrede’. Die sirkel is voltooi.

Miskien is Pienaar se pleidooi vir vreesloosheid eintlik ‘n eufemisme vir gewetenloosheid. Die manier waarop hy vryheid verabsoluteer neig verdag baie in daardie rigting. "Daar is geen druk op ons om enigiets te doen nie en daar is geen beperking sou ons alles wou doen nie." Alles is geoorloof vir die Groter Saak. Afrikaners word blootgestel aan drakoniese rassewette wat selde gesien is in die moderne wêreld, maar Pienaar huiwer nie om te beweer dat "Ons is vir die eerste keer in ons geskiedenis vry" nie. Om eksistensiële begrippe soos vryheid te verwar met politieke regte, is ‘n tipiese gedagtegang wat tuishoort in die kader van ekstreem linkse politiek. Die ietwat wêreldvreemde Jean-Paul Sartre sou trots gewees het op sy Stellenbosche protegé, hoewel Sartre op sy ou dag sy radikale vryheid en kommunistiese opvattings so effens genuanseer het. Pienaar is egter tot aan die nok toe gevul met rooi heimwee.

Johan Pienaar is moontlik ‘n Trotskis. So skryf hy byvoorbeeld net voordat hy begin met ‘n aanhaling van John Steinbeck dat: "…die swart mense wat nou toenemend moeg raak vir die ANC se regering, is ons bondgenote in ‘n nuwe tydvak." Dit klink baie soos Trotski se ‘permanente rewolusie’, wat moet sorg dat die plebs die mag in hande het, en nie ‘n regering wat homself mettertyd gaan vervreem van die werkers nie. Nog nooit eerder was ons so vry nie, maar tegelykertyd wil Pienaar ons in opstand laat kom teen die ANK. Met ander woorde Pienaar lieg deur sy tande, maar soos dikwels die geval is met politieke ekstremiste, is hierdie soort fanatiekelinge nie vatbaar vir rede nie. Immers, as ons nog nooit eerder so vry was nie, hoekom wil hy dan in opstand kom?

Sy rewolusionêre oogmerke vir Suid-Afrika word nog verder onderskraag deur sy tweede agendapunt, naamlik dat ons nou die effekte van vandag eers oor ‘n paar jaar mag ervaar. Vandag se rewolusie is more se vryheid. Hy sonder weer ‘wit rassiste’ en laertrek uit as die boosdoeners waarteen geageer moet word. Vanwee die volksmoord op die boere (wat Pienaar origens ontken) tesame met die enorme probleme wat die ANK in Suid-Afrika se landbousektor veroorsaak, mag ons hom dalk as Maoïs kwalifiseer. Dit val saam met die feit dat hy eienskappe wat ons as deugde (‘vryheid’,’individualisme’) beskou gebruik om in sy kommunistiese stramien te verweef, soortgelyk aan Mao se ‘massalyn’ benadering. Of miskien is Pienaar ‘n soort opportunis wat van enigiets gebruik sal maak om sy rewolusie te laat seëvier.

Pienaar se gebrek aan insig in Suid-Afrika se rassesamestelling word goed uitgebeeld in sy laaste agendapunt, naamlik ons moet as individue optree. Die kinders van Soweto het volgens Pienaar individualisties opgetree. Nie net is hierdie opvatting een groot contradictio in terminus nie, maar om swartes as individualiste te omskryf spreek van volslae onkunde oor Suid-Afrika se politieke klimaat. Die mense van ubuntu, die mense van simunye, die people is alles behalwe individualiste. Hulle hele identiteit word deur die groep waartoe hulle behoort vasgestel. ‘n Venda sal nooit ‘n Xhosa as mede-individualis beskou nie. Siestog! Johan Pienaar, die ewige marxis.

Hoewel, as ons werklik wil weet watter onheil in Pienaar se boesem skuil, kan ons die argument van die Nederlandse denker dr. Erik van Ree goed gebruik. In sy boek Wereldrevolutie (2005), skryf Van Ree: "Eintlik het die leniniste geen moraal nie. Hulle het nie geglo dat daar soiets soos goed en kwaad bestaan nie, maar slegs nut en skade vir die saak. Hul taktiek was hul moraal. Hulle was hul eie maat en alles was vir hulle toegestaan. Origens het die uitoefening van geweld die kommuniste geen vreugde gegee nie. Hulle het dit gesien as ‘n kwessie van goeie verstand. Oor die fascistiese kultus van geweld het hulle hulself ewe vrolik gemaak as oor die Christelike pasifisme. Gandhi en Mussolini was vir hulle een en dieselfde. Die brutale Italianer het hulle ewe belaglik gemaak met sy lofsange oor geweld as die Indiese heilige met sy geweldloosheid. As die doel die middele heilig, is geen enkele middel heilig in sigself nie. Nóg geweld, nóg geweldloosheid het enige intrinsieke waarde, maar word slegs ingesit na gelang van die omstandighede en die vereistes van die beweging. Dit is moelik om te sê aan watter moraal, die fascistiese of die kommunistiese, ‘n mens, indien hy aan die keuse gestel word, die voorkeur sou moet gee."

Die ergste van alles moet nog kom. Sodra Pienaar sy rewolusie gekry het, sodra elke laertrekkende blanke gesuiwer is, sodra hy homself en sy strydmakkers van die staat bevry het, mag hy versteld staan oor sy prestasies. Die mense wat hy die meeste wou bevry, naamlik die swakkes en die armes, is uiteindelik die ‘kinders’ wat die rewolusie ‘verslind’ het. Die geskiedenis het nog nooit hieroor gelieg nie. Meestal volg daarna ‘n ander kommunis wat homself van Pienaar wil bevry, en so gaan dit deur.

Iemand moet Pienaar dalk op die skouer tik en vir hom waarsku dat hy moet oppas waarvoor hy vra. Hy mag dit dalk kry.

конструктор домикФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.