Bejaarde met kookwater verbrand

Deel op

verbandeSwart aanvallers het ‘n bejaarde van Trompsburg met kookwater verbrand selfs nadat sy hulle gewys het waar sy haar geld bêre.

Nydia de Jager (64), is intussen in die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem waar sy behandeling vir haar verbrande hande en bene.

“Ek het nie gehuil, of geskree toe hulle die kookwater oor my hande en toe my rug en bene gegooi het nie,” het De Jager aan Beeld gesê.

Hulle het daarna haar hande agter haar rug vasgebind sodat sy nie kon hulp soek nie. Hulle het die nag op die koue vloer deurgebring.

Volgens De Jager is haar man veral erg getraumatiseer. Sy en haar man, Gerhard (62), is Saterdagaand vroeg in hul huis oorval in hul slaapkamer.

Haar man is 14 jaar gelede verlam na ‘n beroerte.

Die aanvallers het glo by ’n deur ingekom wat nie gesluit was nie. Hulle het geld geëis. Hulle het haar verlamde man van die bed afgegooi en haar met kookwater verbrand selfs nadat sy hulle gewys het waar sy haar geld hou.

’n  Werker het die twee hulpeloses eers die volgende oggend ontdek en het by bure hulp gaan soek.

Een van die vermeende aanvallers is reeds in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.