Beurtkrag laat verbruikers bibber

Deel op

EskomDie koue front het veroorsaak dat beurtkrag is Woensdagaand in dele van die land ingestel is weens die druk op Eskom se kragnetwerk.

Talle verbruikers moes Woensdag ure lank bibberend sonder krag die winter aandurf.

Eskom se beurtkrag-skedule kan by http: www.loadshedding.eskom.co.za besigtig word.

Eskom het Woensdagmiddag in ’n verklaring gewaarsku dat die netwerk Woensdag en Donderdag tussen 17:00 en 18:30 kwaai druk sal ervaar.

Hoë kraggebruik en opwekkingseenhede wat nie funksioneer nie, is aangegee as redes vir die besluit.

‘n Woordvoerder, Andrew Etzinger, Woensdag aan News24 gesê het twee eenhede by die Duvha- en Kendal-kragstasies buite werking is en Cahora Bassa se invoer uit Mosambiek, was nie beskikbaar nie.

Etzinger het gesê beurtkrag sal slegs vir ’n uur geld weens die onbeskikbaarheid van opwekkers, maar dele van Krugersdorp en Johannesburg het Woensdagaand gekla dat hul krag langer as ‘n uur lank af was.

Eskom het geen kragonderbrekings vir Donderdag in die vooruitsig gestel nie, maar sal weer die toevoer afskakel as probleme opduik.

Verbruikers is gevra om verwarmers, geysers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toerusting af te skakel.

Eskom se kommersiële kliënte, waaronder winkelsentrums en kantoorgeboue, kan egter die grootste verskil maak deur hul kragverbruik te verminder.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.