Treine in Pretoria ontwrig

Deel op

metrorailMetrorail het gewaarsku dat treindienste in Pretoria Donderdagoggend ontwrig sal wees nadat oorhoofse kabels by ‘n treinstasie beskadig is.

“Metrorail se dienste is erg ontwrig weens skade aan die oorhoofse kabels wat gelei het tot ‘n kragonderbreking tussen die Queenswood- en Koedoespoort-stasies [in Pretoria],” het ‘n woordvoerder vir Metrorail, Tony Games, gesê.

Games het gesê tegnici is tans besig om die skade te herstel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.