BMW M3-ontrimpeling, die Quadski, en meer

Deel op

Die BMW M3 is nog nie lank plaaslik beskikbaar nie en daar word al klaar aan sy voorkoms gestryk. Die agterliglense met

Image

BMW M3-sedan

nuwe l tipe liggies en die buffers is so effens verander. Daar is ook aan die lippie op die kattebakdeksel verander. Binne in die kajuit is die veranderings ook maar baie klein, want net die middelste luginlaatroosters en die armleuning tussen die voorste sitplekke het verander. Die aansitterknoppie is vernuwe en die luginlaatverstellingsknoppe is ook nuut. Veiligheidskenmerke wat nuut is, is die botsingsaktiewekopstute wat verhoed dat jy ernstige nekbeserings opdoen tyden ‘n botsing van agter. Daar is ook splinternuwe kleure vir die bakwerk beskikbaar bekend as Le Mans-blou en metaalgrys.

Deel op
Ford Ka

Image

Ford Ka

Die Ford Ka was nog nooit ‘n mooi motor nie, maar een van die bestes in sy klas. Met die bekendstelling van al die nuwe generasie superminis, soos die manne in Europa van hierdie segment praat, moes Ford dan ook iets doen om die Ka meer aantreklik te maak. Die bekendstelling van die geheel nuwe Ford Ka gaan dan ook by die 2008 Parys motorskou in Oktober plaasvind.

Die nuwe Ka sal in Pole gebou word. Die onderstel word met die Fiat 500 gedeel. Ford en Fiat werk ook saam aan die die 1.25-liter petrol enjin, sowel as die 1.3-liter Multijet dieselenjin. Volgens Ford gaan daar later selfs ‘n kragtiger eenheid, soortgelyk aan die Fiat 500 Abarth, beskikbaar wees. Moontlik die Ford Ka RS.

Image

Gibbs Quadski – let op die wiele

Quadski

As jy nou van amfibiese voertuie wil praat, is Gibbs Technologies Bpk die ouens wat regtig weet van. Hulle word gereken as die wêreld se hoëspoed amfibiese spesialiste. Die maatskappy het so pas die Quadski bekend gestel.

Die Quadski kan tot 80 km/u haal, dit is nou op land. Dan met die druk van ‘n knoppie kan die gevaarte net so in ‘n waterponie verander. Verskeie enjingroottes sal beskikbaar wees, maar wat presies die keuses gaan wees is nog nie bekend nie. Ons kon ook nie vas stel of die Quadski wel plaaslik beskikbaar sal wees nie, maar met ons ou boerenasie wat so van die watersport hou dink ek dit sal nogal ‘n wenner wees.

Image

Nuwe Mazda 3

Mazda 3

Met die koms van die splinter nuwe Mazda 6 so ‘n maand gelede het ek gewonder wanneer die nuwe Mazda 3 sy verskyning gaan maak. Wel, hier is ‘n foto van die nuwe Mazda 3 wat binnekort die lig gaan sien. Die motor is op die onderstel van die Ford Focus gegrond en sal verseker ‘n bestuurdersmotor wees as ‘n mens na die foto kyk. Die Focus word wêreldwyd beskou as een van die motors op die pad wat die maklikste is om te beheer. Enjingroottes sal wissel tussen 1,4 liter en 2,0 liter vir die petrol modelle en 1,6 tot 2,2 liter vir die diesel weergawes. Sou ‘n mens die plaaslike situasie met diesel in ag neem, is dit onwaarskynlik dat ons meer as een diesel eenheid plaaslik sal ontvang. Dit sal dan waarskynlik eerder die kleiner 1,6 diesel wees. Daar is ook defnitief sprake van ‘n MPS-weergawe van die nuwe Mazda 3 met ongeveer 183Kw, presies soos die nuwe Ford Focus ST.

Image

Stig, alias… (in wit)

Wie is die “Stig”?

Al die ouens wat graag Top Gear kyk sal weet dat daar ‘n gemaskerde ou in ‘n wit renoorpak rondloop. Die man het nie ‘n naam nie, maar almal noem hom “Stig”. Wel, gerugte oor wie hy nou eintlik is, doen nou al baie lank die rondte. Name soos Jenson Button en Daimon Hill word genoem. Hy kon nog nooit ontmasker word nie. Ons het egter steelfoto's van hom in die hande gekry. En raai wie….Dit is Ben Collins. Hy was al ‘n keer op die program toe hy ‘n waaghalstoertjie met ‘n motor gedoen het. Nou vra jy seker, wie is Ben Collins nou eintlik? Hy is 32 jaar oud en kom van Bristol in Engeland. Hy het Nascarrenne gejaag en is een van die Top Gear-span se eie bestuurders. Die vorige “Stig” het net swart gedra en hy is toe op die einde ontmasker as formule-een-toetsbestuurder Perry McCarthy. Ons foto's het die wit “Stig“ nou sonder sy kop helm gevang en wie weet dalk wil die ouens by Top Gear hê die publiek moet weet wie die “Stig” regtig is…

печилобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.