‘n Tienerparapleeg sal Donderdag afskop om die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Brasilië op ‘n spesiale wyse te open.
‘n Gedagte-aangedrewe eksoskelet sal die sokkerbal skop met behulp van “breinkrag”.
Die pak is ontwerp deur die Brasiliaanse dokter Miguel Nicolelis, wat breinaktiwiteit as deel van die internasionale “Walk Again Project” ondersoek.
Die parapleeg sal ook die sensasie van die skop kan voel deur die gebruik van ‘n kunsvel wat om sy arms en bene vasgemaak word.
Die Brasiliaanse tiener – wie se identiteit nie bekend gemaak sal word tot die afskop nie – sal letterlik voor ‘n vol stadion sy of haar buiging maak.
Wat die pak merkwaardig maak, is dat die robotledemate deur die jong persoon met behulp van hul breinkrag alleen beheer word. Elektrodes stuur seine na ‘n rekenaar in die pak, wat gedagte in beweging vertaal.
Die toestel word genoem die Bra-Santos Dumont, die integrasie van die drie-letter sport-kode vir Brasilië en Brasiliaanse uitvinder Alberto Santos-Dumont.
Laasgenoemde het in 1901 ‘n modelvliegtuigie om die Eiffel-toring gestuur. Die pak is die resultaat van jare se navorsing, waarin Dr Nicolelis eksperimenteer met “lees” van aapbreine.
Dr Nicolelis lyk egter effens senuweeagtig dat sy pak Donderdag die laboratorium sal verlaat vir een van die mees hoë-profiel roboteksperimente voor 65000 toeskouers in Sao Paulo se Kor Arena, terwyl tot ‘n miljard mense regoor die wêreld sal toekyk.
‘n Span van honderd ses-en-vyftig wetenskaplikes van regoor die wêreld het aan die projek gewerk.