‘Ek het alles gegee’

Jean Basson sê hy het alles gegee en daar was niks in die tenk oor nie.

Basson het vierde gekom in die 200m vryslag om daarmee vir die Suid-Afrikaanse Olimpiese span hulle beste vertoning tot dusver te bied.

Michael Phelps het die nommer gewen met 'n nuwe wêreldrekordtyd van 1 minuut 42.96 sekondes.

Die jong Basson was nogtans in sy skik met sy vertoning en het gesê hy sal by die volgende Spele terug wees want hy is nou gemotiveer om baie hard te oefen.

Hy sê hy het Vanderkay in die oog gehou en probeer bybly om hom op die laaste 50m verby te steek, maar hy kon nie daarin slaag nie.

Hy hoop hy, Sebastein Rousseau, Jasper Venter en Darian Townsend sal goed vaar in die 200m aflos.instagram promotion app

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.