Afrikaners is g’n agressief – ope brief aan Vossie Goosen

Deel op

deur René Kruger

Ope brief aan Vossie Goosen, na aanleiding van haar gesprek op Dagbreek:

Me. Goosen, jy reken ons Afrikaanssprekendes is wêreldwyd bekend vir ons wreedheid, dus is dit die rede hoekom ons so maklik agter ons rekenaars kan sit en mekaar sleg maak.

Nou wil ek gou ‘n toets doen: Gaan hierdie brief u verbrand met kokende water?

Gaan my woorde u hart lewend verwyder vir moeti om my onsigbaar te maak vir my vyande?

Gaan my sinne u aan die hare gryp en u keel met ‘n panga afkap, u oë uitgrou sodat u my nie na die dood kan herken en uitwys nie?

Gaan my sinsnedes ‘n besemstok in u agterwêreld opdruk totdat dit by u keel uitkom?

Gaan die kommas en punte u in ‘n konsentrasiekamp gooi, met vuil rioolwater en vrot aartappels vir kos?

Hier is juis ‘n konsentrasiekamp, ‘n klipgooi van my af, in Standerton. So reg langs die Vaalrivier, met sy “skoon” water en die weer is juis nou geskik vir ‘n besoek van u. Ek is egter jammer dat ek u nie sal kan voorsien van ‘n kombers nie, want weens ons Afrikaanssprekendes se bekende wreedheid, is al my nuwe komberse geskenk aan die arm haweloses, en my aftrekorders is uitgeput, reeds uitgemaak aan organisasies wat met noodlenigingswerk besig is.

Me. Goosen, u moet tog asb verstaan, ons Afrikaanssprekendes se wreedheid is van so ‘n aard, dat ons nie ons medemens kan bystaan in Rustenburg met basiese benodighede nie, aangesien ons nie die goeie inbors het soos die anderstaliges nie.

Mag u, me. Goosen, aan hierdie vreeslike wreedheid van my woorde gaan herkou in die konsentrasiekamp van u gewete.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.