Minister sal SAKP se aanbevelings oor Derby-Lewis oorweeg

Deel op

protest-clive-derby-lewisDie minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Mike Masutha sê voorleggings van familielede en ander belanghebbendes sal in ag geneem word voor ‘n finale besluit oor parool vir Clive Derby-Lewis geneem word.

Daar is aanbeveel dat Derby-Lewis parool toegestaan ​​word, het Masutha Maandag gesê.

“Daar is ‘n positiewe aanbeveling, met ander woorde ‘n aanbeveling om vrylating op parool,” het hy aan verslaggewers gesê in Pretoria.

Hy het vroeër bekend gemaak dat daar ‘n memorandum van die SAKP in die verband ontvang is.

Masutha sê die “politieke en emosionele sensitiwiteit” oor die kwessie sal in ag geneem word.

Die 78-jarige Derby-Lewis is onlangs twee keer in die gevangenis aangeval en met ‘n skerp voorwerp gesteek.

Hy 25 jaar tronkstraf opgelê vir die dood van die SAKP-leier, Chris Hani in 1993. Hy het reeds meer as 20 jaar van die tronkstraf uitgedien, nadat twee aansoeke op parool reeds afgekeur is.

Derby-Lewis het nie self die sneller getrek nie en het ook nie amnestie ontvang nie, ten spyte van sy bekentenisse. Talle massamoordenaars en terroriste wat burgerlike teikens om die lewe gebring het, het wel amnestie ontvang voor die WVK.

Derby-Lewis het die geweer aan ‘n Poolse immigrant Janusz Walus gegee om die Kommunistiese Party se sekretaris-generaal Chris Hani in die oprit van sy Boksburghuis, aan die Oos-Rand, op 10 April 1993 dood te skiet.

Hy word by die Kgosi Mampuru-sentraal in Pretoria in ‘n sel vol ander misdadigers aangehou en sy gesondheidstoestand is uiters kommerwekkend volgens sy vrou, mev. Gaye Derby-Lewis.

Rian Malan het onlangs voorgestel dat mev. Derby-Lewis aan die ANC “erken” dat sy en haar man CIA-agente was wat die opmars van die kommuniste wou stuit deur die moord.

Masutha het Maandag gesê voorleggings deur familielede van Hani sal in ag geneem word voordat ‘n besluit geneem word.

Dieselfde geld vir die Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock.

Verlede maand het die hooggeregshof in Pretoria gelas dat Masutha parool oorweeg vir de Kock.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.