Platinumstaking kan NOP kaap

Deel op
Dick Forslund
Dick Forslund

Die sukkelende ekonomie is ‘n terugslag vir die ANC se belofte van groei en werkskepping onder die Nasionale Ontwikkelingsplan.

Die effek van die staking op die ekonomie is reeds groot en die handelstekort sal na verwagting toeneem.

Die ANC beplan om die energie-sektor as ‘n modus van werkskepping uit te bou. Daar is ook megaplanne vir die vervoer-infrastruktuur, water en sanitasie.

Afgesien van die ekonomie wat swaar trek, is die platinum-staking die spreekwoordelike strooihalm wat die kameel se rug kan breek.

Die staking is dus ‘n prioriteit vir die regering, en Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het Amcu se posisie wat deur “wit buitelanders” geartikuleer word, skerp gekritiseer.

Mantashe het ná ‘n drie-dag-sessie van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gesê ‘n ontleding van die verkiesing is gedoen by die vergadering.

Die party het erken dat sy oorwinning ‘n “mandaat” vir die ANC is om vorentoe te stu om groot staatsondersteunde infrastruktuurplanne in werking te stel.

Mantashe het nie uitgebrei oor die inmenging van “vreemde magte” nie, maar Amcu word bygestaan ​​in ‘n tegniese kapasiteit deur ‘n buitelandse NRO, die Alternative Information and Development Centre (AIDC), ‘n “alternatiewe dinkskrum”, wat ‘n party was tot die loononderhandelinge.

Suid-Afrika huiwer op die rand van ‘n resessie nadat 0,6% vir die eerste kwartaal se negatiewe groei aangeteken is.

Talle bevraagteken Amcu se motiewe om die kloof tussen die partye wat vir maande al verby mekaar praat, verder te verdiep.

Die staking word gelei deur Amcu, wat reeds met agterdog deur die regerende party bejeën word omdat die nuwe unie die ANC se National Union of Mineworkers (NUM) by platinummyne vervang het.

Amcu het loonongelykhede en werksomstandighede in die mynbousektor, die hoeksteen van die land se ekonomie, reeds herhaaldelik uitgelig en vir solank as wat die staking duur poog Amcu om hul posisie te regverdig op die basis van die “klassestryd”.

Hierin word hulle ook ondersteun deur agente van George Soros se Open Society, OSISA.

Mantashe het tereg opgemerk dat die Labour Resources Centre in Kaapstad vakbondlede oplei, maar nog nooit direk betrokke was by onderhandelinge nie, waar vakbonde gewoonlik vir hulself kan praat.

Toe hy gevra is of Amcu se motiewe werkers se eise ondermyn, het hy gesê werkers kan “gebruik” word vir duistere agendas.

Brian Ashley van AIDC, sê die sentrum help Amcu met die “komplekse model van aanbiedings van die [myn]maatskappye”.

Die sentrum se senior ekonoom is die Sweed Dick Forslund, ‘n buitelandse burger. Forslund moes al voorheen ‘n openbare apologie teenoor Mike Schussler aanteken nadat hy Schussler belaster het in ‘n poging om oor “ongelykhede” te moraliseer.

Ekonomiese ontleders het Forslund as ‘n propagandis beskryf en ‘n liggewig.

Amcu kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.