Nuwe digitale kassies sal peuterbestand wees

Deel op

Streng veiligheidsmaatreëls sal geld vir die kassies wat Suid-Afrikaners in staat gaan stel om van analoë na digitale uitsendings om te skakel.

Deel op
Die minister van kommunikasie Ivy Matsepe-Casaburri het gesê die maatreëls sal verseker dat die kassies buite werking gestel word indien hulle gesteel of buite Suid-Afrika se grense geneem word.

Die beraamde koste van 'n kassie is R700, maar sommige huishoudings sal 'n 70%-subsidie ontvang.

Die kabinet het die verandering van die bestaande analoë na 'n digitale sein verlede week gemagtig.

Alle televisiekykers sonder satellietskottels sal die seinkassies nodig hê om die digitale sein te kan ontvang.

Die nuwe digitale sein sal in November vanjaar aangeskakel word. Die analoë sein sal eers in November 2011 afgeskakel word.

интернет магазин детскийОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.