Naar, Pienaar, naar

Deel op
In die geselskap van die oorlogsmisdadiger Blair
Pienaar, middel, in die geselskap van die oorlogsmisdadiger Blair

‘n Wêreldwye veldtog om rassisme in sport te bekamp, is in Doha in Katar bekendgestel.

Die voormalige Springbokkaptein, Francois Pienaar, ondersteun die inisiatief

Global Watch sal glo invloedryke mense wêreldwyd gebruik om standpunt in te neem teen rassisme en diskriminasie in sport.

Die oud-terroris Tokyo Sexwale, sal as medevoorsitter optree. Sexwale was onlangs nog ‘n lid van die sokkerliggaam FIFA se komitee oor die bekamping van rassisme en diskriminasie in sokker.

Sexwale sê rassisme en diskriminasie het geen plek in sport nie.

Pienaar sê hoewel hy in die apartheidsdae in Suid-Afrika gebore is, woon hy die afgelope 20 jaar in ‘n demokratiese land en “het hy die krag van sport ervaar”.

Pienaar sê oudpresident Nelson Mandela het gesê sport het die vermoë om die wêreld te verander, omdat sport oor alle grense heen strek soos kultuur, geloof of ras.

Hy het homself egter nie uitgelaat oor die totale insinking in die land wat deur die “oorsteek van grense” veroorsaak is nie

Pienaar sowel as Mandela en Sexwale se mediaprofiele het geweldig getaan en sommige ontleders beskou die stap as ‘n desperate poging om verlore media-aansien te herwin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.