Ses vas na miljoene se bedrog in Tshwane

Deel op

korrupsieNog inhegtenisnemings word verwag nadat ses munisipale werknemers van die Tshwanemunisipaliteit in Pretoria weens bedrog van miljoene rand in hegtenis geneem is.

Die ses munisipale werknemers van Marabastad sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn, nadat hul vlootbestuurafdeling vir miljoene rande se bedrog vasgevat is.

Die Metropolisie se anti-korrupsie-eenheid het Donderdag die werknemers by hul Marabastadkantore gearresteer.

Isak Mahamba, Tshwane se Metropolisie-woordvoerder, sê die werkers wat in die vlootbestuursafdeling werk, het na bewering bedrog van miljoene rand gepleeg deur gewysigde fakture namens diensverskaffers by die munisipaliteit in te dien.

“Hulle kon ‘n faktuur uitreik aan een diensverskaffer en drie keer eis van die dieselfde bedrag.”

Hy sê hul anti-korrupsie-eenheid het ‘n wenk ontang ‘n paar maande gelede, maar dit was eers Donderdag dat die noodsaaklike inligting bekom is om voort te gaan met die saak.

Die hoof van die Tshwane Metropolisie, Stephen Ngobeni, sê hulle het met ‘n ondersoek begin.

Nog verdagtes sal binnekort glo in hegtenis geneem word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.