G7 val uitmekaar nadat Obama Rusland met oorlog dreig

Deel op

opoleWêreldleiers van die G7 wat president Wladimir Poetin van Rusland uitsluit, het Woensdagaand in Brussel vergader te midde van aanduidings dat die sogenaamde Westerse koalisie besig is om uitmekaar te val.

Die G8 wat oorspronklik Rusland ingesluit het, sou voorheen in Sochi na die Winterspele byeenkom, maar na die Amerikaans-gedrewe staatsgreep in die Oekraïene is die beraad uitgestel.

Die afgelope paar dae het die leiers van Brittanje, Frankryk en Duitsland persoonlike gesprekke met die Russiese leier geskeduleer, wat die verdeeldheid onder Westerse lande verder ontbloot.

Die VSA se pogings om Rusland te isoleer na president Poetin die Amerikaanse aggressiewe houding teenoor die Oekraïne veroordeel het, is besig om negatiewe vrugte af te werp.

Obama en Poetin het verskeie kere per telefoon – maar nie in persoon nie – oor Amerikaanse pogings om die Oekraïene te destabiliseer, gesels.

Rusland het intussen korte mette gemaak van Amerikaanse militêre aggressie in die Krim na ‘n baie suksesvolle referendum waarin die inwoners oorweldigend vir onafhanklikheid gestem het.

Obama het Dinsdag gesê hy het ‘n “sakeverhouding” met Poetin en sal hom in Frankryk ontmoet Vrydag tydens byeenkomste vir die 70ste herdenking van die Geallieerde inval van Normandië. Maar hulle het geen formele gesprekke geskeduleer nie.

Obama het intussen aangekondig by sy aankoms in Pole Dinsdag dat hy die Kongres versoek het om $1 miljard te bewillig om die Amerikaanse militêre teenwoordigheid in Europa te verhoog.

Hy het bevestig dat die Amerikaanse verbintenis tot Pole se veiligheid onder die NAVO-alliansie ‘n werklikheid is.

“Dit is nie net woorde nie,” het Obama gesê. “Dit is onwrikbare verpligtinge, gerugsteun deur die sterkste alliansie in die wêreld en deur die gewapende magte van die Verenigde State van Amerika, die mees kragtige militêre mag in die geskiedenis.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.