Jeugliga hou optog na koerant-hoofkantoor

Deel op

ancyl4Die ANC Jeugliga gaan vandag ‘n optog hou na die kantore van die Mail en Guardian-koerant in Rosebank.

Volgens die Liga is die koerant “een van die mediahuise wat bereid is om propaganda van ‘n teen-revolusie teen die ANC ter ondersteuning van die opposisie te bevorder”.

Die koerant se redakteur Angela Quintal het in reaksie gesê: “Net soos ons glo in die grondwetlik verskanste reg op vryheid van spraak, sal ons ook die reg van ‘n individu of organisasie verdedig om vreedsaam te protesteer. Dit is wat ons grondwetlike demokrasie is.”

Met die optog, noord van Johannesburg sal die Jeugliga hulle ontevredenheid te kenne te gee met die koerant se “eensydige” nuusdekking.

Die Jeugliga beskuldig die koerant daarvan dat hy sy beginsels van billikheid, objektiwiteit en akkurate verslaggewing versaak het.

Die koerant se nuusdekking in aanloop tot die verkiesing was glo eensydig was ten gunste van die opposisie, volgens die Liga.

Die Jeugliga se ondersteuners sal by Wyndham Park byeenkom vanwaar hulle na Rosebank sal stap. Verteenwoodigers van Cosas en die Jong Kommuniste Liga sal ook die skare toespreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.